koffie op die trappie
______________
So sit ek vanaand en dink aan my storms wat so sommer van nerens af in my kop in gewaai het so sonder wolke op die horison en donderweer om hom aan te kondig, sit op die trappie, en dink aan n vriendin duisend of twee kilometers ver met haar eie donderstorms, en reik uit, maak vir haar ok koffie, en nooi haar om so siel teen my siel te kom sit hie op die agter deur trappie, dan drink ons koffie en dink aan die kleintyd, die gelukkige dae.
Die dae toe ons nog ons skoolrokke somme so in die skool panty se been rekke gedruk het, die vlegsels oor die skouers gegooi het en die grootste en knoppigste wille vy boom sonder skroom aangedurf het!!
Die gedagte aan daai boom laat my vandag ril!!! Ek het die vetste naarste harigste bobbejaan spinnekoppe in daai boom gejag met n passie, tot ek hom in n canfruit bottle met groot genoee geseel het,….eish..... dan onthou ek daai arme beskerm engel van my en die res van my trawante, daai arme wese het sy hande vol gehad ek is seker, het seker ok maar net sy oe toegknyp en gekeer, dink selfs hy het ons party dae ok maar veilig gebid!!
Ek onthou hoe ons almal die strate af gesleep het, met fietse met joker kaarte in die speke, onthou hoe die tannie van oorkant met die klein babetjie altyd vir die pos jong se fiets gewag het, met die krul kop dogtertjie op die heup, en hoe daar een skemer aand terwyl ons in die straat gespeel het, stadig n voertuig met onbekende nommer plate en ooms met army step-outs en besem snorre by haar huis tot stiltand gekom het, en sy daarna nooit weer vir die pos gewag het nie en ons ma’s gese het ons mag nie meer voor haar huis speel nie ons moet eerbied he, nie dat ons geweet het wat dit beteken, maar sy het later getrek en toe het daar mense met 5 kinders en n groot hond ingetrek en vir n baie lang tyd, het ek nie weer gewonder oor die tannie met die krulkop baba nie.
So kom die onthou so stuk stuk terug, onthou oupa se konsertina so op sy vel vou stoel net daar in die tuin tussen ouma se gesiggies en krismis rose, onthou hoe fyn kon hy met sy Josheph Rogers biltong kerf , so een vir my, een vir hom, en een vir Koos die Foxterrier.
Ek onthou hoe ek op die kraal muur gesit het terwyl hy melk en hoe my kinderlike opmerkings oor kallers en koeikies hom so saggies tjie tjie laat lag het onderlangs, ek kan onthou hoe lyk hy met sy ernstige gesig op n sondag oggend in sy swart pak, oppad om die koster se werk te loop doen,en die klok te lui voor dominee Van Staden by die kerk aankom.
Ek onthou die silwer armband met my naam op wat hy vir my gebring het al die pad van die Noord Transvaal, toe my blinderm op agt uitgehaal is, en onthou hoe hy kwaai was toe ek n week later op die jeep gerits het om saam pa te gaan visvang in Richardsbaai, min gepla oor die steke wat nog nie eers uit is nie. My ouma met haar groot bo arms van jare se knie, skrop en slag het net haar voorskoot wat na boerseep geruik het oor haar kop gegooi vir my mannewalles , dat die kleingeld so uit die voorskoot sak oor die stoep trappies rol.
Dit was my laaste vakansie saam met oupa hy is net daarna dood aan n hart aan val en ouma het vir jare lank so begin huil en die voorskoot oor die kop gegooi as iemand van oupa gepraat het. Ek onthou my tiender jare, het daar ook maar die beskerm engel moeg gemaak, was n koshuis brak en het maar duidelik katte kwaad aangejaag, oor twaalf voet heinings geklim in die skool swembad in, Maar onthou ok hoe ek as standerd sessie baie groot “juf “was met my onder 16 rugby kaptein, hoe ons skaam skaam in my baadtjie sak op die paviljoen hande vas gehou het, en dan weer sommer paar dae later saam met die res van die wille wragtigs van die skool se dak- drie verdiepings ver, op die hoog spring matte gespring het, en ek natuurlik die baby tussen die lot, maar kon tog nie se ek is bang, meen hoe sal dit nou lyk het maar net oe toe geknyp en gespring!!! --------mind you dink ek doen dit nog vandag, knyp oe toe en spring-------So het ek menigte keer in situasies beland ltl want ek was die voorbok se kleinsus en as ek saam met die groep wou speel, dan moes ek maar die waag toertjies aanpak, saam die koshuis verspoel met die firehose, saam gaan surf bord ry en kreef duik.
Maar tussen ouboet en die beskerm engel het ek darem heel huids daar uit gekom!!
En skielik was ek by amper groot, en het ek langs n oop graf gaan staan, vir die weermag boyfriend wat met n motorfiets verongeluk het net ander kant Grahamstown, op pad na sy ma se kos, sy pa se lag en fliek en koffie saam my. Sklielik was dinge anders, en het ek opgehou wille wragtig wees.
En ek het onthou van die vroutjie met die krulkop baba en “eerbied”As ek so aan al daai wille spronge dink en al die storms, dan se ek maaitjie, hang in there, kom vat my hand dan spring ons, ek is seker ons beskerm engel sal die spring matte vir ons reg skuif, sal sy oe toe druk maar hy sal keer, hy het nog altyd, en as dit nie werk nie kan ek seker maar vir ouboet bel, hy sal my kom optel, hy weet hoe en as jy my maaitjie is, is ek seker hy sal jou ok op tel ma passop, hy is n regte charmer hy, so sit met jou siel hie styf teen myne, en drink jou koffie voor dit koud is!!

No comments:
Post a Comment