Monday, 10 September 2007


‘n brief aan jou
___________


Jy flits in duisende gedagte skerwe deur my dag
Jy sit in die hoeke van my nag
Jy kom sit op my bed as die son opkom
Jy trek die kombers oor my om die naglug uit te hou

Ek herken jou reuk in die supermark
Sien jou stap in die straat
Voel jou hande in die wind
Hoor jou stem in my kop

So leef jy in my lewe
Maar skitter in jou afwesigheid
So dans jy deur die gange van my siel
Sonder om ooit n deur oop te maak
**
**
**
Ek weet jy weet
___________

Jy het dit gesien
Jy het dit gelees
Dit was die swaarse ooit
Maar jy het geweet

Dit was die seerste hande oop maak ooit
Maar ek moes
Dit was die seerste totsiens
Maar jy moes

Die seer was te veel
Jou gesig het gese jy weet
Ek het gesien hoe skeur jy middel deur
**
**
**

1 comment:

Anonymous said...

Beautiful Patricia!!!