Monday, 24 September 2007

n Gebed vir jou my kind

Hoe vat ek jou pyn weg as wat jy se my verskeur my kind

hoe stel ek jou gerus as jou woorde my laat voel

ek verdrink

hoe se ek dit sal okay wees

as vrees my asem uit druk

hoe se ek ek weet dit sal regkom


ek moet jou pyn beter maak ek is jou ma

ek moet pleister plak

maar jou seer is vir my te veel

my vrees loop dieper as joune


en die keer kan ek dit nie gesond maak

die keer kan ek dit nie laat weg gaan

die keer kan ek nie se toema ons sort dit uit

die keer kan net God beskik


Ek ken die vrees,vir jou vroulike lyf

ek dra self die littekens van daai geveg...- geveg

ek ken die nanag paniek van wat as,,

maar ek my kind,

het toe reeds geleef

toe ek dit moes luister


maar jy my kind, is nog in jou jeug,

jou kind is klein

dalk nou jou enigste ooit

jou lyf nog te jonk om te verwoes

jou hart is nog vol drome

myne net vol pyn en vrees


Ek sal bid my kind, soos net n ma maar kan

Ek sal nie my vrees vir jou wys

Ek sal jou hand hou my kind

maar al die seer van my vriendinne begrawe

al die pyn van moeg wees vir pyn

dit alles stroom in my gemoed deur


maar ek sal dit nie vir jou vertel my kind

ek sal alleen in my binne kamer huil

vir jou sal ek net my liefde gee

my hart sal ek jou nie deel mee


‘n roos vir jou my kind en n gebed

‘n Gebed vir net lag en vreugde

‘n gebed van redding en vrede‘

n Gebed vir jou my kind,

‘n Gebed vir jou my kind

No comments: