Vertel ek die vreemdeling n verhaal
wat ek diep uit die gedagtes gaan haal
Luister ek die kritiek van n ander
Wat hard met sy woorde na my klap
En ek wonder oor n refrein
Een van hartseer en pyn
Sonder dat jy een myl in my skoene loop
Wil jy my van my selfbeeld stroop
Maar vinnig het ek agter my muur gevlug
Wie is jy gaan weg gaan terug
Hierdie is my veilige plek
Jou wrede woorde kan nie tot hier strek
Hier waar ek veilig skuil
Hier waar ek amper alleen huil
Nog net een mens kon my deur vind
En dit nie jy wreedaard satans kind
Jou harde woorde en preek
Sal my nie kry hier versteek
n veertien pond hammer sal nie werk
Daarvoor is my muur te sterk
Slegs sagte woorde en geduld
Kan my hier waar ek is vervul
Net iemand wat die siel verstaan
Sal die deur vind vir hier ingaan
Soos King Arther se swaard
Is daar net een met suiwer gewaad
Wat die sleutel ooit kan vind
Net n Hart suiwer gesind
Jy met jou swart wraak kleed
Die is n waarskuwing vir jou leed
Die Drake agter hierdie wand
Sal jou siel tot kool verbrand
Loop dus wyd voor my muur verby
En pasop vir in jou woorde gly
Hier kry jy seer
Hier sal my pyn jou verteer
No comments:
Post a Comment