nagmerries verweef in skadu's van swart
trane so sout soos die see se sproei
elke bietjie opgekropte smart
die siel se oneindige bloei
n natgeswete lyf in lakens gekoek
jou stem weergalm elke woord
ek hoor oor en oor elke vloek
ja woede n bitter koord
elke dwars getikte woord kom terug
elke terug sluk van terugbaklei
dit word gal braak in my keel dik
elke keer van liewer stil bly
ek is die ambeeld vir jou woede so radeloos
ek is die teiken vir dit wat jy nie kan slaan
jou oe moeg jou siel vuis voos
ek net die af veeplek van jou ongehuilde traan
my dade word die verskoning vir jou rusie
my self beeld die plek waar jy teen skop
verdraai van realiteit jou visie
en die harwar gooi jy na my kop
No comments:
Post a Comment