Tuesday, 25 March 2008

KAALVOET KIND

Jy wat kaalvoet buite gespeel het
Jy wat laggende vertroue gehad het in die wet
Jy wat eens geglo het in eendag en drome
Wa is daai ongerafelde some
Soek in jou hart die kind
Soek jou verlore siel in die wind
Het jy jou self liefde in bruin uniform verloor
Het jou jou hart in n ander se bloed versmoor
Waneer het jy engele verban
Waa het jou sagte hart gaan staan
Soek weer die kaalvoet kind
Asseblief my lief
Jy moet hom vind
Die engele staan en wag om jou pyn te dra
Al wat jy moet doen is jou arms uit steek en vra
Het te veel onsekere dae jou verwoes
Het jy te veel kere vir aanvalle moes koes.
Het jy te veel pyn aanskou
Is jy in te veel bitterheid omvou
Wat het geword van die kaalvoet kind my lief
Wie het jou inner vreugde gedief
Wil jy nie mar een mal nog vertrou
Kan ek jou nie vry maak van berou
Ek vra jou weer eens kaalvoet kind
Gee my n kans m jou te help geluk vind

No comments: