Sunday, 09 November 2008

GPS

So dan se mens dit is waar dit maar ophou
hier staan die bordjie “Genoeg 12km”
hier is die afdraai na “klaar probeer”
hier is ek, gaan die pad na “Donkerhoek” vat
hier is waar die besluit na 'Die onbekende le
hier is waar mens van seer se pad suid draai
hier is waar “Op gee” oor die bult lê
daar net daar, begin jy die liggies na “Moedeloos” in die verte verskyn
hier net hier, weet jy jy het verloor,
die was die laaste rondte
jy het game set en match jou gat gesien
hier lê “Totsiens”
hier lê “Koebaai”
hier lê okay ek het regtig getry maar dis klaar
hier lê “Opgee is die Plan”
hier lê “Ek kan nie meer”
soos die song se
skipskop skipskop ek se goodbye
die is die GPS na my môres
die is die Map wat ek nou kies
ek ken nie die plek genaamd “môre”
maar who cares?
Wie gee om?
wie gaan weet?

1 comment:

Anonymous said...

Sjoe ! Pieter