Saturday, 12 March 2011

Sal jy


Sal jy my boom wees
onder wie ek kan skuil
Sal jy n veilige hawe wees
vir n nonnie uil
Sal jy my toelaat om teen jou stam aan te leun
Sal jy jou takke oor my sprei
teen die reen
Sal jy my vesting wees
Sal jy gedagtes lees
Sal jy my trane vang as ek huil
Mag ek teen jou kom skuil
Mag hul my graf met klippe pak onder jou
Sal jy my drome in jou blare toe vou
Sal jy my boom wees
Sal jy?

No comments: