jy het my gekry,,, toegebou
my siel agter höe mure verskans
geen teken van my self
my siel in pyn geknou
jy het my uitgebreek
steen vir steen bevry
stadig het jy my mens gemaak
bietjie vir bietjie uitgelok
nou staan ek in die oopte
maar die son kan steeds nie skyn
jou liefde volle hande het verdwyn
jy het my gered, om te verniel
ek sien die bakstene om my siel
een vir een herverrys die mure om my
ek voel die skadu's oor my val
soos ondeurdringbare mure groei
en hoe ek ook al keer
ek voel die donker weer
ek voel die koue om my kruip
en weet die mure is terug
met verrineweerde hande probeer ek keer
met dapperheid probeer ek dit stop
maar die mure groei terug
en jy is nie meer
No comments:
Post a Comment