Friday, 14 September 2007

WAS EK WEER SESTIEN

Vra n vriendin sommer so vandag daai vraag, en antwoord hom sommer self, sy reken nooit weer wil sy sestien wees, en net daar gooi sy my kop weer in die maalkolk, as ek weer kon sestien wees maar met van die kennis wat ek vandag het in my kop................. dan sou ek jou gaan soek het voor ons altwee die foute van ons lewens gemaak het voor ons ons siele in tronke laat sit het , wat sou dan gebeur het wonder ek ????? sou dinge reg uit gewerk het dan, sou ons toe al mekaar kon verstaan, sou ons kon geluk vind? dit is n skaal dan sou ek baie dinge nie in my lewe gehad het nie, sou baie dinge nie geweet of ervaar het nie, sou baie pyn nie beleef het nie. mar dan sou ek dalk nuwe pyn nuwe ondervindinge n nuwe stel seer gehad het,,, maar as ek kon terug gaan en jou daar gaan haal dan sou ek, sou ek als wat ek dan moes verloor om dit te kan doen verloor het. sou ek die moed gehad het om dit op n ander manier te probeer.
So as mens vandag in jou lewe terug kyk en jy sien jou lewe en dink ek sou dinge maar weer net so gedoen het dan is jy seker gelukkig of ten minste tevrede. Maar as jy so terug kyk en jy wens jy kon dinge anders gedoen het moet mens dalk daaraan dink om te red van jou lewe wat oor is, want soos ek iemand vandag gevra het,,,, as jy geweet het more gaan nie kom nie hoe sou jy die dag wou gebruik,,Carpe Diem, gryp die dag strewe na jou geluk werk vir jou doel try vang jou drome voor dit te laat is en hulle verswelg word in n dowwe see skuim van niks

No comments: