Wednesday, 26 September 2007

Demone en Drake

Vra n vriendin my vandag of ek al die pyn beleef het dat mens se lyf en kop "numb" raak,, se haar ja ek ken dit dat dit so seer is dat jou siel stom raak,, dat daar duisende goet in jou kop maal maar nie een van dit kan jy in woorde sit nie ek ken dit , ken die naam, ken die gesig ken die naar lee gevoel in jou maag. Ek dink en dink en dink tot als in my kop omtol, ek probeer die onthou eenkant toe skuif ,, trek deur my logies brein elke stukkie inligting verwyt my self met "as jy net" "of hoekom het jy " of hoekom het jy nie" soek antwoorde kry hulle, luister na wat ander se, verwerp weer my antwoorde, soek verder , hardlooop voort, pak goed aan wat my brein moeg maak wat my liggaam uit put,,, want dan kan ek als aflsuit-- by jou geleer,, werk dit weg! net in die donkerste van die nag ,, ure op die foon bieg ek by n bekende vreemdeling, vertel ek hom geheime so diep dat jy dit nie eers ken,,, bring verligting partymaal om dit op sy foon oor af tepak,, praat hy my so moeg dat ek in droomlose slaap verval,,wil wil ek na hom gryp en vasklou maar kannie vertrou, weet dat waneeer ek vertrou gaan ek berou,raak ek al hoe dieper weg in my eie kop,, sien die bekommerde trekke in die mense om my se oe as ek onsamenhangend raak,, maar vee hul waarskuwings weg!! as hul se kry ent jy stuur af op n ramp lag ek net en se los my uit ,, hettie tyd vir n break down nie en storm in die volgende projek in hardloop weg, weg van jou verwerping, weg van die seer.

Mense kom van ver, kom vat my hand net dat ek gillend in my siel hulle weg stoot dat ek voel ek kan mal word van hulle teenwoordigheid in my bubble , ek stoot hulle met geweld uit,, met drif als in my gil ;GET THE FUCK OUT OF MY FACE!!!!
Ek gryp verwoed na verf canvass, storm in my eie wereld terug skilder die demone wat in my kop feesvier. ek skilder ek skreeu ek skryf,, ek werk ,, ek hardloop steeds vir die draak,, altyd weg van die draak, altyd ader aan my eie afgrond. En ek weet die dag gaan kom wat niks in my gaan roer meer dat ek van al die agtertoe kyk soos Lot se vrou gaan verander in n sout pilaar dat my siel so hard gaan word soos die marmer op die graf,,
Hulle se mense wat stom word leer party maal weer praat, maar vir nou praat ek hier, vir nou skilder ek praat op canvass en papier,kyk ek uit op die reen in die stad en erken aan my self die nuwe besef, niks wat ek daaraan kan doen --I was just not worth it- is verwerp want ek was nie goed genoeg,, sad but true, ek is gemeet en te lig gevind,, dan los ek ,ek los die probeer los die aanhou ,, en hardloop verder weg,,, met my stom siel

No comments: