Het vanoggend vir die son gesit en wag pa
Daa op jou vou stoel op die stoep
Het gekyk hoe Maaitji sy klokkie probeer uit oorle
Terwyl hy die duifies bekruip
Het na jou verlang pa
Jy wat altyd al die antwoorde gehad het
Jy wat altyd kon my siel raak vat
Jy sou vir Maaitji gelike het pa
Ek kan al hoor hoe lag jy vir sy mannewalles
Jy het al die voƫltjies aan hul fluit herken
Jy kon so aandagtig luister en dan vertel
Ek is so spyt vir al die dae wat ek nie bietjie langer geluister het
Jy wou so graag jou kennis hier by ons gelos het pa.
Oggend koffie is nie dieselle sonder jou
En kos op sit nie meer n ritueel vir jou vermaak
Jou plek is so leeg,
Ek kan nie jou gereedskap uitpak
Ek wil nie jou boeke lees
Ek het jou stories diep in n laai gedruk
Maar net partymaal kruip jou stem deur
Net partymaal sit jy da buite, by my pa
Partymaal herken ek die voƫltjies aan hul fluit
Maar ons mis jou pa
No comments:
Post a Comment