Die Draak
Hy drink my trane,
en dit maak hom sterk
Hy lag vir my seer,
En dit maak hom skelm
My haat is sy bed
En my seer sy kussing
Hy verlustig hom in my pyn
En swem vrolike in my rou
Eers het ek my lewe
Aan hom toevertrou,…
Nou laat sy aanraking my in eenkrimp
En sy woorde sny soos lemme in my vlees
Al die onthou van gister le besaai
Met sy verwoesting
Die lag lĂȘ nooit op sy spore
Die draak se asem kweek haat
Sy sweet broei verraad
Soos die monster in Raka
Kom hy saam met die skemer nag aangesluip,
Soekend na sy wapens
en ek sy prooi
No comments:
Post a Comment