Friday, 28 September 2007

een jaar

LOUIS HOLTZHAUSEN
GEBORE 01/10/1933
GESTERF 30/09/2006
Dot,… van Dottie,… van n kindermond se mismaking van Doggie, ek was altyd jou Dot, of jou Popperlapper,……. Jy het vir my die lappop gesing, en krokodil, later het jy jou ou Philips band speler om my vier jarige nekkie gehang en die lappop plaat op band gesit, en so het ek elke dag geloop en öns plaat geluister. Jy het vir my n hanslam gebring, en saam met my in die nag opgestaan om vir hom melk te voer uit n kingsize pepsi bottle met tiet oor getrek.Pa jy het vir my verduidelik van doring bome met kersfees blommetjies, van tamaties plant, en tafels leer met donkie brue, Pa jy het my geleer Grunters vang op die strand en sardines ryg op n vishoek, en hom soo styf draai, draai met die rekgaring. Jy het agter my gestaan, ek skaars lank genoeg, met jy hande bo –oor my hande die houtdraai beitels vasgehou terwyl jy my geleer het, jy het my geleer van Tambotie, en Olien, van CV joints en propshafts. Ek het met my kleine voetjies op jou groot voete te staan terwyl jy met my wals. En samba. Aai pa, jy het my deur die Duitse klas gehelp, ek het n kwaartaal wiskunde gepluk om dat een of ander algebra som vir n wiskunde onderwyseres bewys het sy het dit verkeerd uitgewerk- want jou metode het gaan draai by die skole inspekteur, en toe’s jy deur my reg en sy verkeerd ek moes buite staan, want sy het ons gehaat! Maar dit was okay, want soos my pa dit gedoen het was reg!Ek onthou n staaltjie wat jy graag vertel het, jy het toe ek twee jaar oud was jou alfa se engine getrek, en partjie vir partjie gewas met diesel, ek het daar langs jou gesit en Nelly moes koffie aandra en ek net twee jaar oud, a lklaar die “lady” het so ewe toe jy verwoed met die kwas was en diesel in my koffie spat gese “stupid”en my koppie koffie op jou voete uitgekeer!Pa jy het my van die Bybel, die Koran, Omar Kahajn, algebra, Shakespeare, en Langehoven geleer, jy het my lief gemaak vir soveel dinge, ek sal boeke vol moet skryf om dit als te kan net noem, maar Pa jy was altyd een oproep ver, my lewe lank, net een oproep dan kon jy my die antwoord op enige vraag gee.!Ek onthou hoe ek elke oggend by jou koffie gekry het as jy my kom wakker maak, dan het ek by jou gaan sit en na die voeltjies kyk en koffie drink, dan kon ek jou enige iets vra pa en jy het dit vir my verduidelik, jy het al die antwoorde geken.Die laaste paar jaar was swaar vir jou pa, jy kon nie sien nie jy kon ons nie hoor nie, jou wereld het so gekrimp- en jy het so hard probeer om deur ons oe te sien, met ons ore te hoor- hel Dad, ek is jammer vir al die kere wat ek ongedullig was, maar ek se tog dankie vir Ons Genadige Vader laat hy my die eer gegee het om jou in jou laaste jare kon versorg, vir jou skelm sjokolade koop, marshmallows in jou laai weg steek, vir jou sjokolade koek te bak, jy was so bang om te gaan, en elke dag het jy gese”ek en jy gaan dit of dat doen sodra my oe weer reg is,”en ja Pa ek weet jy kan nou weer sien en hoor ek weet waar jy nou is is mense wat jou stories luister en jou grappe lag, ek weet jy is nou by die ander mense wat jy so gemis het , maar dit is so swaar om te laat gaan, toe ek jou daar sien le, het ek gedink, hoe kan jy, jy het dan n halfuur terug nog vir ma koffie in die kamer gevat, die kombuiskas was dan nog vol koffie soos jy gemors het, jy het dan noggie eers vir kans gegee om jou jou saterdag oggend special ontbyt te maak nie, jy het nog nie eers more gese nie.!En ek het gedink,,,, wie pa, wie, moet nou as ek bel al die antwoorde wil he??Totsiens pa, jy was my hero, jy was die slimste man wat ek geken het, ek weet nie wie moet nou dank as ek eet nie, ek weet nie wie gaan by die hek met die dag se nuus flitse en goudprys vir my wag nie, maar is reg Pa, ek sal aangaan in jou eer Totsiens pa ek’s lief vir jou.

1 comment:

Anonymous said...

Ek vee nou trane uit my oë...jou pa klink so vreeslik baie soos myne. En ek vrees die dag wat my pa se wêreld so klein word en hy nie meer hier is nie.

Drukkies,
Dalene