Wednesday, 12 September 2007

Foto van die siel

Stuur my n prentjie van jou siel
Wat die waarheid deur di grys van jou oe weerspieel
Kom le dit op die tafel van my hart
Om vi altyd deel te wees van my
Op vierkant van gesellin swart

Die foto van jou siel
Elke wesie wat honger is
Elke straatkind hoog op gom
Elke prostituut se lee oe
Elke oudste deur sy kinders vergeet
Elke minaar verraai
Elke soet fluister in die wind
Elke feetjie se vlerk gesang

Die foto van jou siel my pel
Die trane in jou glimlag
Die merke dieper as jou vel
Dit is jy, hard, binne sag

Elke pyn om jou kan jy voel
Elke onreg word deel van jou
Elke traan se druppel kan jy sien
Dit is daar, op die foto van jou siel

No comments: