Het jy ooit die strate gestap
Het jou oe ooit hier gekyk
Het sy daa vir jou bier getap
Hoe het Proes straat toe gelyk?
Ek sien die paartjie hand aan hand
So oud, so krom
Op die lewe se skemer aand
Hy haar held, sy, nou stom
Wie se hand gaan jou hou
Saam wie gaan jy stap
Wat is haar naam die vrou
Wie sal lag vir jou grap?
Elkeen se oud word oe
Speel die skadu’s van onthou
Die verlange van vervloe
Teer herrinerringe omvou
Onder die tehuis se boom
Ons kyk sonder om te sien
Elkeen met sy eie tere droom
Sal jy my onthou miskien?
No comments:
Post a Comment