Kolle grys duwweltjie gras
n verskeurde aalwyn in die hoek
Die eentonige kerm blaf van n basterbrak
'n moee wasgoed lyn vol gevlekte klere
En elke huis vaalmoeg in die erf geplak
Hier waar realiteit sy eie is
En selfs nie eens 'n ster sy glans kan behou
Geen geluk kan hier oorleef
En bestaan verg elke greintjie krag
Hoe kan mens hier liefde behou
Hoe kan lag 'n klank maak hier
Waar sal blomme hier kan groei
Is enige kleur hier iets anders as grys?
Mistroostigheid drup teen die verf afgedopte geute af
Hoe moet ek jou hierheen stuur
Sal jy ooit kan mens word hier
Die opgee staan in neon lig in almal se gesig
Geen oorwinnings hier
Dae loop futiel eindeloos in mekaar
Ek het ontsnap my kind
ek het n oop deur gekryen gehardloop soos die wind
en wat ek in die tru spieeltjies sien,...
O Here my kind het dit nie verdien!
No comments:
Post a Comment