Saturday, 22 September 2007

n Geleende stuk........

ek het so op die net rond gedwaal en toe kom ek op die verhaaltjie af,,,,, dit het my nogal laat dink,,, en laat twee keer kyk na mense in en om my lewe wil dit graag met julle deel en hoop dit bring vir jule ook n epithanie,,, en nee ek het geen idee wie die man was wat dit geskryf het nie maar hou van sy siening...........................................................................................................................................................Ons is in die Keg en kyk hoe die Springbokke verloor. Daar is drie meisies wat by die tafel langs ons sit. Gedurende die wedstryd word daar oor en weer gejuig en getreur. As die eindfluitjie blaas is ons kwaad en ontsteld. En die drie meisies skuif oor na ons toe. Dit is toe dat een van my pelle (kom ons noem hom maar Johan) vir een van die meisies (kom ons noem haar maar Susan) die vraag vra.As jy nou in ‘n verhouding met my betrokke sou raak, wat sal jy my kan bied, wil hy weet. Maar Susan weet nie dadelik wat om te antwoord nie. “Baie”, is haar enkelvoudige antwoord drie Savanah-slukke later.“Soos wat?” hou Johan aan.Sy gooi die oudste truuk in die boek. “Ek is ‘n goeie seksmaat,” sê sy.Johan se antwoord is vinnig: “Sal jy my dan ook elke oggend op my voorkop wakker soen en my ‘n drukkie gee as ek in die tuin werk?”Sy huiwer, maar gaan dadelik oor na truuk nommer twee: “En ek kan lekker kos maak!”“Ek kan ook,” skiet hy terug, “maar sal jy hand-om-die-lyf by my kom staan as ek vir ons vleis braai of kruisbeen op die kombuistafel sit as ek kos maak?”Susan wip haar oë na die dak. “Geskenkies. Ek sal jou kort-kort verras met ‘n geskenkie!”“Klink lekker, maar sal jy my hand vashou as ons saam met jou pelle kuier of as ons deur die winkel stap,” wil hy weet.En toe kom sy met die ultimate truuk: “Ek is baie openminded en eroties . . . en warmbloedig. Boy oh boy, jy het geen idee nie!”Haar vriendinne giggel Savanha-Dry giggels.“Dit is goed,” sê Johan. “Maar ek wil ook hê dat jy ‘n kers opsteek en met ‘n glas wyn saam met my in die bad kom sit en kuier totdat die water koud is.”Susan speel met die label om die bottel.Die geselsskap raak boring. Ons betaal die rekening en staan op. Susan is vies. “Hel, maar jy verwag darem baie,” sê sy.Dit was eers toe ons buite by die kar kom, dat Johan teleurgesteld opmerk: “En ek het gedink ek is baie werd.”EK HET GEDINK EK IS NOGAL BAIE WERD......................................

No comments: