**
**
**
'n Kind se Droom van 'n Ster
ek steel die naam by die vertaalde weergawe van die boek van dickens, want soos ek al tevore gese het dit is een van die verhale wat ek in my kinder dae gelees het wat my altyd by gebly het-------ja ek was regtig die dogtertjie wat op die skool trap gesit en dickens lees het terwyl ander skipping rope gespring het,---------- Ek wonder oor daai ster baie dae dink ek aan wat was my droom van n ster,, en regtig as ek so terug dink kan ek nie onthou wat my aspirasies en drome was nie,,, het nooit regtig gedroom oor n huis met n pappie en n mammie en kiddies en n hond en n stasie wa nie,, was altyd veral op hoorskool vir my vreemd dat my vriendinne se enigste droom was om die regte man te vang,,, het gedroom van n boek skryf, die wereld sien, op die verhoog wees dramaties in shakespeare----- ja okei het shakespeare ok gelees, het gedroom van n wiskundige stelling ontdek een net so groot soos pytagoras s'n, en van n huisie iewers ver in n bos waar mense vir my sal kom kuier omdat ek kruie kweek en wysheid het,,, so vertel julle asseblief bietjie ek wil graagweet,,, wat was julle kinder drome , julle sterre?? Want ek dink dat as mens gaan stop en gaan soek na jou sterre en dan n parelle lyn trek met waar mens nou is,,, hoe veel grade is mens dan uit?? ek kyk so terug en sien ek het maar lekker skewe lyne getrek maar darem begin die lyne nou eweredig loop,, en dit maak my bly,,,
No comments:
Post a Comment