Thursday, 13 September 2007

Om ons

oral om ons lê die stukke van ons lewens
die swael reuk van verbrande bomme in die lug
die verwronge stukke metaal, stille getuienis
die bloed van ons wonde in die moëe sand in gesypel
eens het hier kinders in groen velde gespeel hier,,,
nou is dit swart verbrand
eens het ons hande vasgehou hier en gelag
nou is dit verlore in die sand
die oop skrapnel wonde sal littekens word
en hier sal mense weer eendag lag
hier sal weer liefde blom
maar ek en jy,,, ons het beswyk in die die oorlog
ons lewe het gesneuwel van die laaste bom

No comments: