Die paaie wat ons stap
Die berge wat ons klim
Het ons ooit kon raai
Waarheen ons weg sal draai?
Saam het ons gestap
Vyande, maats, ouers
En toe op n dag vreemd vir mekaar
‘n onbekende wat na my staar
Ek wonder wie is jy
Sien geen erkenning in jou oë
Dan kom die besef, dis verby
Ons is klaar ek en jy
So groet ons dan vandag
Wens mekaar totsiens, half oorbluf
Ons pad saam is nou tot niet
Soos die laaste noot van ‘n lied
So koop ek my siel uit pand
Daar nie eers woede oor
So groet ek jou met die hand
Ek kyk, die pad ,,,, duister voor
No comments:
Post a Comment