Wednesday, 12 September 2007

Society blues

Vier en twintig huisies in gelid
Staan oor mekaar netjies gemik
In elkeen ‘n ma en pa
Twee punt vier kinders en n kat

Welkom in die voorstad
Vee jou voete af oppie mat
Die hond bly uit
En die krieket bal vlieg deur die ruit

Plante die rose in die tuin voor
Bêre die gereedskap in die stoor
Pluk jou eie tamaties en slaai
Onder die boom n skoppelmaai

‘n Pienk flamink by die hek
Maak n kettie van tjoeprek
Verf die heining stigtlik groen
Hie wa ma en pa als self doen

En as die bure oor die heining loer
Is dit om jou ‘n storie te voer
So wil ons graag leef
Al is ons skoonma ‘n teef

No comments: