van feekietjies en kabouters
van gorompies en stouters
van stories in die skemer vertel
van groot oog die dae na kersdag tel
so maak ons julle groot,
bring julle die wereld in in pyn
vat julle hande en weerhou julle van pyn
die liefde tussen ons n ewige koord
ons kinders is ons trots
ons kinders is ons eer
ons kinders bring vir ons verdriet
maar nooit ooit gaan die liefde tot niet
waneer iemand jul bedreig
is daar n ongekende woed wat in ons styg
julle storm deur die jare aan en steur julle min
as ons julle vermaan
julle is dom astrant
en dink ons raad is irrelivant
ons moeilikste keuses in ons siel
is om te keer dat die wereld jul verniel.
gaan dan met ons woorde fort
onthou die trane vir julle gestort
julle onkunde is soms vir ons hard
maar ons dra altyd saam julle smart
ons kinders is ons eer
ons kinders is ons seer
ons kinders maak ons week
ons kinders laat ons soms in die steek
No comments:
Post a Comment