Friday, 28 September 2007

STOM

Ek kom om jou iets te vertel
maar ek draai om
want die pyn maak my stom
Ek wens vir n kans om te se
wens vir n kans om my saak te stel
maar jou weg wys n bevel
soos graniet jou stem
soos klip jou beslis
ek tel die foon op
sit dit neer,,
sien nie kans vir die seer
skryf vir nou brief
gooi dit in n argief
ek weet stuur ek dit sal jy dit lees
maar niks wat ek se maak n verskil
jou hart is vir my verkil
geen antwoord sal ek kry
nooit weer sal jy my bevry
gevange is my siel tot die dag van dood
gevang in barre nood
jou hart het jy n klip gemaak
ek ken nie die rede vir jou wraak
te bang om met jou te praat
te bang om na jou uit te raak
trek my hande terug
wens ek kon van alles vlug
maar gevang in my siel is ek nou
vir altyd sal ek wag vir jou
maar iets het jy wel bereik
my dapperheid het gewyk
vrees het die plek gevat
altyd bang vir jou woorde se lat

1 comment:

WWG said...

Hi, Good Blog !
Look from Quebec Canada
http://www.wwg1.com

WWG:)