Wednesday, 03 October 2007

plastieksakke in soweto

soos sakke wat rond waai in die wind
rond gegooi deur 'n kind
in soweto se stof strate vol gewaai
en iewers n brandsiek haan wat kraai
so voel die binne kant van my kop
gedates al warrelend so sonder stop
n blou sak van n one stop
'n geel sak van die favourite shop

party gedagtes waai vas teen drade
ander word uit gewaai sonder kwade
onthou goed steek vas
belangrike goed waai weg oor die bruin gras
maar niks is meer heel of bruikbaar
is net die soweto rose waarteen ek staar
optel is lankal nie meer n oplossing
net verwaaidheid wat al hoe verder uit kring

iewers speel kinders met n pap geskopte bal
geen idee van waarvandaan die volgende knal
'n veraf eentonige deuntjie speel
oor en oor hoor ek dit te veel

geen einde aan die stof en wind
geen toekoms hier vir n gesonde kind
die kind genaamd Moreselied
sal hier groot word in verdriet
die winde waai die sakke
die winde roer die takke
die wat vas steek is gedagtes van jou
en die wat weg waai vergeet ek gou

No comments: