Tuesday, 11 September 2007

weer seer


doelose ure tik om my verby
worstelende spoke wat in die nag kom vry
ek wonder oor die hoekom's en waarom's
ek sien die bloeisels aan die bome
maar lente gaan my verby
plesier is ander se eiendom
die woorde binne my is stom
ek doen my take sonder om te dink,
skakel die musiek af wat my laat onthou
bere diep donker die foto van jou
stap met n lewe buite myself deur die dag
nooit sal jy verstaan wat is jou mag
nie eens meer in die donkerste van die nag se vou
laat ek toe dat ek jou onthou
aande saam met mense
alleen met my wense
jy is heelmal weg vir my
jou laaste woorde het diep en seer gesny
hoop loop stadig uit
die mure van my siel diep gesluit
soos koos net partymal jy onner in my wiskey glas
elke gedagte aan jou brand soos vuur
maar steeds weier jy my een kosbare uur
in die amber van verdowende drank
die seer amper weg god dank
om braai vleis vure
tussen ander se tuin mure
daar agtervolg die pyn my tree vir tree
en daar niks wat jy my wil gee
ek onthou die pyn van lankal terug
ek onthou die hardloop van laas
onthou die vlug
ek onthou die desperate foute van dan
solank terug uit my lewe verban
alles nou weer oop en rou
die lug n vale kleur van grou
een maal gebeur
toe kry ek seer
twee maal gebeur
my siel verskeur
nou moet ek seker aanvaar
dit nie vir my bedoel meer

No comments: