Tuesday, 11 September 2007

‘n Koper Kompas



‘n Koper Kompas
____________


ek het jou n kompas gegee
om jou pad mee te vind
ek het jou n kompas gegee
vir die stap saam met die wind

ek het jou probeer laat verstaan
geluk le 27 grade noord van die maan
maar steeds dwaal jy doelloos suid
in n seer kry vlakte so donker,.. so wyd

ek het probeer vertel
van n pad deur die suiderkruis verby
een waar as jy verdwaal kan jy net bel
maar jou helse-weg voel jy verplig

jy het 'n kosbare kompas geweier
jy het die agter gelos met n doel
lustig wil jy in die duisternis steier
dalk geniet jy die pyn wat jy voel

eendag,........dalk te laat
sal jy onthou waar dit is
dalk dan onthou jy my raak
in die duister sal jy my dalk mis

dan sal jy onthou van n reis ter see
na eilande ongekend en verlate
'n reis na water wat rus gee
na verre pynlose nuwe state

steeds le die kompas hier by my
in sy kassie gebere klaar
en waneer jy moeg raak vir selfkasty
kom haal dit , dan kan ons saam
die ongekende plekke daarop vaar

No comments: