Thursday, 13 September 2007

Wens jy ok?

Wens jy ook vir n huisie by die see
`n swing bank oppie stoep
Skemer stap saam met my en die hond
En laat aan kakao voor die tv?

Wens jy ok vir tyd saam
Sonder dat die foon lui
Of die wereld ons roep
Sonder bekommer of verwyt?

Wens jy vir aande langs die vuur
Met knetterende stompe
En skadu’s teen die muur?

Wens jy ok vir n huis vol vrede
Waar klein kinders die kat jaag
En groot kinders saam lag?

Wens jy ok dat die "yesterday today and tomorrow'
In die tuin sal blom
Die sproeier egalig sal sprinkel
En die onkruid vanself sal vrek?

No comments: