Thursday, 13 September 2007

Dans van die blou fee

agtenveertigbladsye al innieblik
Woorde dwarsinniekeel ek verstik
Die son sak oor suburbia en voel vere vir my verlang
Die nag geluide dans saam met Laurika
na my ore en los my vol weemoed

Die koper pienk vervaag agter die buurman se krot
Van hier waar ek alleen in my toring vrot
Ek sien die kabouters in die tuin
Op pad huis toe, die dag se werk gedoen
Die hekse sorg vir hul katte voor die nagvlug begin
Dalk is dit vanaand volmaan
En as jy wag, sal jy hul sien gaan

Wonder wat jy doen
Wonder of jy ok verlang na `n soen
Dalk kom die nag fee die gras reg dans
Om als te berei vir die oggend dou

Ek voel skoon blou
Ek verlang na jou

Dan bel ek maar vir Nakkie die nar
En al babbel hy `n klomp twak
Help dit darem bietjie om te hoor
Ek wens ek was ok n heks
Dan het ek jou tot hie getoor
Bottels van jou in die laai gestoor

No comments: