hy stap doelgerig deur die bosse voort
sy reuse jas versier met koord
so stap hy tree so sekuur
geen keer aan hom van geen muur
sy pad vir hom allenig gebou
sy eie reg waaraan hy klou
die Bos Reus stap singend aan
sonskyn dae of onder die maan
sou jy sy naam hard uit roep
neem hy jou onder sy beskermde loep
met een hou sal hy veg
vir onskuldige en weerlose se reg
as die Bos Reus in jou hart kom bly
weet dan tog n vriend het jy gekry
in die woud se koue is sy huis
daar alleen voel hy tuis
moenie die Bos Reus sy woud misgun
moet hom nie sy vrede misgun
om in sy donker rond te speel
alleen diep daar in sy kasteel
No comments:
Post a Comment