my kop is mof gerook
te veel sigarette en........
onthou
ek sit in die skadu's van die nag
en onthou te veel gelyk
ek voel die verlangse trek na gedagtes van jou
van jou arms wat my warm omvou
mof gerook en ingrid jonker maal deur my
ek dink aan haar beskrywing van liefde
en dan sommer die osse van Jan.V Celliers
steek nog n sigaret aan.
... en onthou
ek skommel die gedagtes deur my kop
skei die vergeet van die onthou
wonder oor die lesse ontvang van jou
die stad dreun iewers in die agtergrond
ek hoor
maar dit gaan verby
die wete dat vrede tog nou daal
kom oor my
en ek besef eintlik is my siel myne
my siel is vry
ek luister na die fluister van die wyse nag
ek aanvaar wie jy is
aanvaar jou mag
geen skop of slaan
net aanvaar
jou teenwoordigheid in afwesigheid
jy is , jy is
jy is maar net daar'n deel van my siel
lag,... huil,....
saam , aleen,
verniel
No comments:
Post a Comment