Monday, 22 October 2007

Die Skadu van Raka

noem hom Raka die monster in swart
noem hom diep en donker in die nag
pasop vir sy wee
pasop vir sy boosheid se krag

Hy oorval die siel soos n nat kombers
smorend drukkend en stink van vrees
sy swartheid word die daglig van n pil verjaag
net om met die uitwerk stadig weer oor te neem
Sy naam is Raka die donker monster van die siel

Deur die inrigting se vensters loer hy smalend vir jou
hy weet is net die pille se tralies wat hom weg hou
as die waker in wit van jou vergeet
kom hy gillend in en begin vreet

Sy gesig laggend teen die trallies gedruk
Sy smaad op jou gemikkyk die babbelende siele om jou heen
Teen sy mag het hul geen steun

O as Raka jou adres eers kon vind
verwoes hy als, die drome
Die kind
Pasop vir die spore van Raka waar dit val
Fluisterend skud hul hul koppe en praat van mal

Maar verstaan hul die naels diep ingegrou
In daardie brose siel van jou
die diep spore van die gil
word toe gemessel met die wit poeier van n pil

Vir jare na jy gedink het jy't gewen kom sy ween
roep nog deur jou nag
hy bekruip jou daagliks so teer so sag
altyd sit hy in die donker hoeke en wag
wag vir sy beurt om jou terug te wen

pasop as Raka jou siel eers weet
pasop as Raka eens aan jou gevreet
altyd sal hy wag om te vertoe
in sy donker spore van vervloe

No comments: