tierlantyntjies
toerlantyntjies
kom dans saam met my
draai in die rondte
vang die fairydust in die wind
sing vir my
tierlantyntjies
toerlantyntjies
vlieg saam met my
as ons hoog vlieg
knyp jou ogies toe
en lag uit jou maag
tierlantyntjies
toerlantyntjies
sing n liedtjie vir my
jaag die reenboog
en stort in die kleure
kom ons bekruip n kwikstertjie
of ry n skoppelmaai
tierlantyntjies
toeralantyntjies
kom dans saam met my
draai my in die rondte
kielie my maag
kom draai saam met my
tierlantyntjies
toerlantyntjies
draai dan's ons vry
No comments:
Post a Comment