Ek wou nog iets se
Voor die oggend kom le
Maar toe het ‘n kabouter my woorde kom steel
Een wat in die sonsopkoms speel
Ek wou nog onder die kombers terug wikkel
Toe hoor ek hom onder die blomme giggel
Ek neurie saggies vir Koos Dup
Toe die feetjies my kom roep
Sy wil toe vir my vinnig iets fluister
En se ek moet mooi luister
Sy ken my trane se druppels se naam
Sy bere daai perels in ‘n raam
En eendag moet ek almal dra
Dan is al die swart dae kla
Ek verduidelik haar my wens
Verduidelik haar waaroor ek grens
Toe dans sy al om my stoel
Dat ek duislig begin voel
Ek wou jou my droom vertel
Een van die lewe se spel
Toe het die kabouter my woorde kom steel
Die een wat onder my venster kom speel
So nou se ek maar min
Wens jou in my dae in
Want durf ek iets hoop
Sal feetjie land my giggelend daarvan stroop
So kom kuier liewer vir my
As die feetjies op die maanlig ry
Dan miskien as jy laat bly
Sal hul jou hier by my kom kry
Dan kan jy hulle vertel van goed
Wat in die wereld woed
Dan kan jy hulle maar se
Wat is dit wat ek wil he
No comments:
Post a Comment