tyd maak nie als gelyk
bou net rowe oor die pyn
en word gesond, net skyn
die littekens bly altyd daar
en word die weer swaar
dan klop dit van diep onder in
hoe dieper die wond gesny
hoe groter die merk wat bly
al word die merk toe gesmeer
met die nanag koue kom die pyn maar weer
in flitsende oomblike van bloed
onthou jy elke woord elke groet
op die agterdag van ons dag
onthou is dan al waarvoor ons krag
die pyn van lank gelee
besoek ons dan in tranerige oe , tree vir tree
op die stoep sit en terug onthou
is al wat dan oor bly vir my en jou
so leef die pyn en lag
want dalk is dit ons laaste dag
leef, wees lief, en huil klaar
more is nou nou daar
en as jy daar staan
op die einde van jou baan
ervaar dan die onthou
jy het elke oomblik braaf omvou
gryp na wat jou hart verbly
want al wat op die einde oorbly
is jy allenig
alleen net jy!
No comments:
Post a Comment