Thursday, 13 December 2007

Aorta

polsend die bloed deur die are
hoof aar, lewens aar,
gelykmatige ritme sonder ophou voort
die plek waar ons se ons liefde sit
die oopgesnyde weefsel voor die bloed ...wit
maar slegs die lewe se vog loop daar
die ding wat ons noem ons hart,,,
net n stuk vleis en n lewensaar
die blou blomme wat groei uit my siel
bevlek met die rooi van polsende plasma
goue skynsels van my bloed wat drup
want my siel is in my hart uitmekaar geruk
dalk het die son daar eens geskyn
ek sien die weerkaatsing in die pers verwyn
die pad deur my hart na my siel
is geslote met mure verniel
bou rommel tussen die tuin gebou
stukke van eendag, toe en nou
oop laserasies in die weefsel geslaan
skaars hoorbaar die klop, amper weg getaan
polsend lekkend die vog van die hart
verlore in n rivier sonder smart
my siel is my hart is waarvan ek leef
die drome die pyn wat van die een na die ander sweef
die bloed loop deur die voedings aar
na elkeen van my blomme se blaar

No comments: