So baie wat ek nog wil se
Maar die woorde wil nie reg le
Soveel wat ek wil vertel
Maar kry dit nie gestel
Die woorde wil nie reg vou
Als wat ek se kom uit verbrou
Ek sien jou naam op my foon
O jy, as koning in my hart gekroon
Jou gille luister ek toonloos aan
Wonder waar kom jou woede nou wee vandaan
Eens het jy mooi en sag gepraat
Mooi dinge gese wat my raak
Ek dink jy het hom dood gemaak
Die loper vn my hart het my versaak
Ek mis hom so, my vriend vir lag en speel
Die een wat met n skewe glimlag my dimpels kon streel
Waar is hy die Prins wat ek soek
Wie is jy, die man wat skel en vloek
In die wind hoor ek hom nog sing
Ek onthou die vreugde wat hy bring
Eenkant sal ek staan en wag
Vir die man met die mooiste lag
Ek is nie seker wie is jy
Die een so kwaad vir my
Maar as jy hom sien sal jy hom se
Waar my trane le
Sal jy hom vertel ek dink aan hom
En wag elke dag dat hy terug kom
Sal jy hom mee deel
Jy het my lag gesteel
Se asseblief vir hom
Hy moet na my toe kom
Dalk kan hy nie wis
Ek het jou met hom misgis
No comments:
Post a Comment