Friday, 22 February 2008

wat se jy

wat se jy
as jy niks meer se nie
wat se jy
as jou woorde opraak
wat se jy
as jy nie kan verstaan nie
en as niemand die antwoord weet
wat se jy
as die gewoel in jou gemoed
monster oe het en n stert
wat se jy
as niemand wil hoor wat jy waarsku
as niemand verstaan wat jy sien
hoe verduidelik jy aan n vreemde die seer en gevaar
hoe beskryf jy n monster sonder n naam
hoe kan jy weg loop as jy weet jy moet bly
hoe gaan jy weg sonder om klaar te maak
hoe hou jy op veg voor die finale beuel geblaas het
wat se jy
aan mense wat nie wil verstaan nie
wat se jy
aan mense wat nie kan hoor
hoe verduidlik jy die klanke van die nag aan n dowe
hoe verduidelik jy die kleur van bloed aan die blind
wat se jy
as jou woorde weg geraak het
wat sing jy
sonder klank
hoe huil jy
sonder trane
hoe gil jy
sonder n stem
wat se jy
sonder letters
wat se jy
as jy alleen probeer verstaan

No comments: