Dapper sit jy op jou hings vol krag
Jou oe gerig op die aankomende veldslag
jou swaard hang swaar aan jou sy,
dubbel hand vatsel met net een robyn
jou oorlogs kleed n suiwer wit en blou
die leeu kyk regs na eerbaarheid toe vertrou
jou bors kleed fier om jou groot bors
die mis van die valleie le agter jou in lae
die groen van Scotland vertel van jou lojaliteit
die kastele met jou drome agter jou in mis vae
jou geveg voor jou, geen vrees geen spyt
langs jou in gedagte staan sy daar
wagtende groetend vol hoop
sy moet wag tot die geveg klaar
tot jy die vyand van sy veglus stroop
die bruin vos perd net soos jy gefokus op die geveg
saam gepanser en gesmee as een
jy jou vos perd en jou swaard van reg
so dapper want dan kan ander op ju steun
so het die droom voort gegaan
oor valleie ritmies het julle op die musiek gallop
die oggend lig het oor julle kom staan
so het die 13 de eeuse droom gestop.
No comments:
Post a Comment