Friday, 01 August 2008

Skoppelmaai

Woorde wat draai
Gedagtes skoppelmaai
Kanse gebou
Sinne verbrou
Waaiend, draaiend
Gevolgtrekkings gemaak
Om en om skoppelmaaiend
Miskonsepsies en versteekte swakhede
Krakre wat deurslaan
Bek hou, aanhou , omgeslaan
Sing maar ‘n liedtjie,…
Speel iemand ooit nog n ramkiekie?
Weet ek dalk wat niemand wil se
Tas ek ma in die donker waar die waarheid le?
Almal ma bietjie gek
Onnodig die waarheid bedek
Gedagtes terug op hok
Noodlot voor stok
Draai draai skoppelmaai
Wie sal ooit die waarheid raai
Sing my n song
Van ‘n eensame boerklong
Leuens opgedress in vere
Vrolik in parade klere
Droom jou sweet drome
Dubbelstik jou jeans se some

No comments: