Friday, 01 August 2008

Die bokser

Die hout reuk hang oor die kroeg
Soos met die kryt het hy sy hoek
Gedruis van geselskap hangin die lug
Die een se jammer
Daai een se bou n brug
Maar Punch se hoek is sye nes vervloee
Hy droom van die loopbaan wat hy opgegee het vir liefde
Vertel van die Toweels en die Holtz
Vertel van hak houe en skare wat juig
Sy neus krom van paar houe te veel
Sy oe vol drome soos hy die kryt reuk onthou
Sit sy arms om jou lyf
Want eens was hy jonk en famous mos
Die blonde girlkie gee n glimlag en n dop
Hy vertel van daai oppie ken,….. planke toe drop
Veraf kan hy nog die rondte klok hoor
Sien die girl in haar hakkies die bord om dra
Hy onthou die ys op die oop geslaande oog
Onthou die sweet en bloed druppend op die kryt
Die water in sy mond word droog
Skadu dans terwyl hy beplan
Die kroeg gedruis bring hom terug
En stadig skaaam glimlag hy oor sy droom
Eens was hy amper famous
Eens amper ,… wat n droom

No comments: