Saturday, 15 November 2008

Perels

soos 'n perel in 'n skulp
soos n skoenlapper in n net
soos 'n seep bel gevul met jou asem
so voel my hart in jou hande
soos n blom wat na die son reik
soos n swerwer na die pad
so hunker ek na jou
soos kanker vreet jou woede aan my
soos suur brand ander se woorde
soos water in die woestyn
soos wolke in die lug
so is die bevryding van vergifnis

No comments: