Saturday, 15 November 2008

Ek wou nog

Ek wou jou nog vertel
van die spoke in die gange van die ou reserwe bank,
ek wou jou nog se
van die eens here huis in die plein,
ek wou jou nog vertel
van M wat dronk op paul kruger se hoed geklouter het
en by die voortrekker monument gedans het oppie muur ,
wou jou nog vertel
van lulu se nagmerries,
wou jou vertel van die blinde vrou op die bus,
wou jou vertel
van my baas se haarstyl,
wou jou vertel
hoeveel jy vir my saak maak,
wou jou vertel
hoekom ek so maklik seer kry,
wou jou vertel van my eie wereld waarin ek dieper in weg raak,
ek wou jou vertel,,,
maar nou kan ek nie meer,
ek wou jou sommer n sms stuur maar daar is nie n nommer waarheen,
ek wou se ek gee om,
maar ek kan nie meer,
wou nog saam jou oor n kaffeeontbyt
mense om ons beloer,
ek wou nog se,
maar dit is te laat,
ek wou nog saam jou n slag see toe gaan,
wou nog die sneeu gaan kyk,
ek wou jou nog een lekker gesels mail stuur
ek wou nog jou naam op my foon sien
ek wou nog soveel dinge doen
ek wou nog
ek en jy moes gaan skydive,
ek wou nog,
ag tog ek wou nog maar nou is dit te laat
ek wou nog eenkeer saam jou koffie drink
ek wou nog
in stille bewondering vir jou staar
ek wou nog jou foto laat vergroot en raam
ek wou jou nog vertel hoe T dink jy het hom ok weg gegooi
ek wou nog boodskappe saam jou gestuur het waar jy gaan
ek wou nog jou glimlag een maal sien
ek wou nog ek wou nog
ek wou nog ,,, maar dit te laat

No comments: