Monday, 30 November 2009

Die Strandjut wolf

Voetspore op die nat sand
Hier het hy geloop,
die Strandjut Wolf

Net een ry spore na die land
Hy was hier,
die Strandjut Wolf

Onthou hom,
die Strandjut Wolf
Hy het buite die vuur se kring geroep na al ons gisters
Die Strandjut Wolf

In sy geel oe in die volmaan
Le al die kennis van sy voorsate
Van elke Cherokee kryger,
nou n Strandjut Wolf

Een , een loop hul alleen
Die Srandjut Wolf
Hul roep op verlate strande
In die nag na eerstydse bande

Vermeng in die bloed van die prairie hings …Cherokee
En die Srandjut Wolf
Stil buite die kring van vlamme
Sal hy staan, met wysheid
Die Strandjut Wolf

Hy weet,
hy sien ,
hy verstaan
Hy is die strandjut wolf

Sy skadu die van n kryger
Sy vorm die van n pronkende hings
Hy is daar, blink van pels
In die maanlig
Die Strandjut Wolf

No comments: