Saturday, 15 November 2008

In die sloot

Siembamba altyd is die merke daar
o verblindend word die realiteite waar
geen woord van wraak
siembamba teen jou gespreek
harte van bloed, orals oor gebreek
siembamba mamma se kind
kom ek gooi jou vir die wind
spin in jou gru hoek
daai dit na jouself, jou vloek
siembamba mamma se rug na jou gekeer
jou geheime vir drank verkoop
vriende van hul lewe gestroop
siembamba kinders nek om gedraai
siembamba ek het jou foto op gevou
kierangs heerlik gebraai
wat jy saai o wat jy saai
voor waar sal jy verseker maai
voor die haan drie maal gaan kraai
siembamba sal die kierangs braai
siembamba ek vat ek begeer
ek maak seer weer en weer
siembamba mamma se kindtjie
weg gegooi in die wind
uit moederskoot
weg gegooi in die sloot

No comments: