Monday, 30 November 2009

Troebadoer

Troebadoer
Meester van lied
Koning van verdriet
sing van ons mores
Gisters
en seer
Sing van drome en toekoms
En weer probeer

Troebadoer
Vertel die verhaal
op klawer ritme
en simbaal
Vertel van n dromer
se verhaal

Troebadoer
Meester van lied
Met n mikrofoon
Kan jy seer in n liedtjie giet

Troebadoer
Meester van lied
Koning van verdriet
wat lewens in akoorde in verskiet

Sing vir my n liedtjie
Speel vir my jou spel
Kyk agter jou
Gebroke harte getel

Troebadoer
Koning van lied
n slagveld om jou
net maar n droom
om jou gehoor te omvou

Troebadaoer
Die verhoog is jou tuis
Die woorde jou reis
meester van lied
sing jy,
of is jy koning van verdriet?

No comments: