Monday, 30 November 2009

Vlashaar kind

‘n trane pad oor stof wange my kind
‘n snik uit n maer borsie my kind
‘n taai handtjie wat na moeder bors reik my kind
Die hart van n swaeltjie veras in die wind

been-swaaiend in die groot akker boom
jy , en die kat pootjies giggel en wink
stil met jou vlas wit hare so sag
geen woord, net die kennis, net die kind

tong vasgebyt, potlood in hand
skeef-kop drome in griffel sand
ek dink die feetjies het jou gebring my kind
ek glo die engele dans om jou my kind

kan ek dalk keer dat jy ooit groot word my kind
kan ek nie maar vra dat pyn jou verbygaan my kind
kan ek skydsmure om jou bou my kind
kan jou drome ongeskerf bly in die wind

No comments: