Monday, 30 November 2009

Vergifnis?

Tussen jou en my meer as n berg
Meer soos n slagveld van gebroke dae
Meer soos n uitwissing van drome en siel
Jaar in jaar uit mekaar verniel
Gerepte vredes vlae

Jy het tog hard probeer
Jy het op jou manier goed wou doen
Seker kere was my woorde seer
Party maal selfs was daar n glimlag en soen

Van daar tot nou het net die papierwerk gebly
Oor en weer mekaar gehaat
Sonder ophou in elke kant gestry
Ek het n lewe
Jy n nuwe maat

Nou staan jy voor my jou oe verdof
Die eens blou oe moeg en seer
In jou siel van die jong man nog net stof
Jou ligaam maer en verweer

Jy staan soekend en kyk na my
Jy se ek vra net vir hul daaglikse brood
Bere die haat ne spreek my vry
Maak dit gelyk want more is ek dood

No comments: