Saturday, 12 March 2011

Demoon Mens

onverklaarbaar vir my
is jy
passievolle demoon
god van wraak
terwyl n duif se bloed
deur jou geklemde vuiste drup
wraaksoet benaar jou hoonlag my
jou woede pars die dou uit my siel
haat stol glimgroen in die plank- groewe van jou gemoed
die nag in jou siel
gooi skadus in jou vlasblou oe
klein inmekaar gekrimp
sit ek in my duister sel
tel ek die dooie roosblare
wat stadig saam die wind
deur my sel tralies reen
onverklaarbaar vir my
die dimensies van jou wraak
soos kristal reenboe
in die namiddag son
flymskers, onvang baar
sonder naam

No comments: