Saturday, 12 March 2011

koffiedruppelgedagtes

Die reuk van varsgedrupte koffie
vou om my soos n oggend gebed
voelsang,
wat sal my red?
Pyn omvou die warm lyf,
van my
van n vrou
n oomblik voel ek broos
die seer kom le hier vlak in my
Die veraad kook sooibrand op
O God !O God! tas ek in my donker rond
geen liefde,
geen hart,
geen seen oor
my beker is leeg
my hart is leeg
my siel is dood
die satynlap omvou my naakte lyf
die warm bloed klop in my are
maar daar is
daar is ,,,,
daar is niks
in my vrou wees geen behoefte oor
in my ek wees net glas skerwe verloor
nie drang
nie bedel
nooit weer liefde vra
lyntjie vir lyntjie kleur
kleur in die masker gesig
maak die glimlag
vlak dalk tot in die lig
een vir een word die vals lae gehang
die lyf van lank terug se nanag passie bedek
bere,
steek weg,
bedek die ek
geen hande wat my middel omvou
geen kyke wat my giggel uit tou
so lank se weg steek
so lank se alleenwees
so lank is dit ek ,,, en ek

No comments: